Toekennings en Kriteria:
(klousule C.5)
"Die Helgaard Steyn Toekennings sal jaarliks, in vierjaarlikse
afwisseling, toegeken word aan:
a) Die Komponis wat in die dan afgelope vier jaar die
beste musiek werk gekomponeer en daarvan minstens tien volledige eksemplare op
die oop mark te koop aangebied het.
Hierdie vereistes is verder uitgebrei in terme van 'n hofbevel om ook die
volgende in te sluit:
1. Musiekkomposisies wat of :
1.1 In die openbaar voor 'n betalende verhoor uitgevoer is; of
1.2 Uitgesaai of gebeeldsend is teen vergoeding; of
1.3 Wat op plaat of magnetiese band of ander klankopname apparaat opgeneem is
waarvan minstens tien (10) op die oop mark te koop aangebied is;
b) Die kunsskilder wat in die dan afgelope vier jaar die beste
skilderstuk vervaardig en op 'n openbare uistalling te koop aangebied het, of so
'n skilderstuk in opdrag van 'n privaat persoon of 'n openbare liggaam
vervaardig het mits dit dan so in die openbaar geplaas word dat die algemene
publiek 'n redelike toegang daartoe het
c) Die skrywer van die beste werk van enige aard in die
Afrikaanse taal wat in die dan afgelope vier jaar in minstens driehonderd
drukeksemplare op die oopmark te koop aangebied is
d) Die beeldhouer wat in die dan afgelope vier jaar die beste
beelhouwerk vervaardig en op 'n openbare uitstalling te koop aangebied het, of
so 'n beeldhouwerk in opdrag van 'n privaat persoon of 'n openbare liggaam
vervaardig het mits dit dan so in die openbaar geplaas word dat die algemene
publiek 'n redelike toegang daartoe het"
Vereistes:
(klousule C.6)
"Enige peroon, van watter geslag of ras ookal, sal kwalifiseer vir 'n Helgaard
Steyn Toekenning, indien hy of sy, en die betrokke werk, voldoen aan die
volgende vereistes:
(a) Die werk wat vir die toekenning in aanmerking geneem word, die bepaalde
persoon se alleenige en oorspronklike produk is;
(b) die persoon geestelik hier te lande geklimatiseer is deur (i) of gebore te
wees in die Republiek van Suid Afrika (of in 'n unitêre of federale Staat
waarvan die Republiek van Suid-Afrika in die toekoms 'n deel mag uitmaak); (ii)
of minstens twee-derdes van sy of haar lewe, tot op datum van die toekenning, in
Afrika suid van die ewenaar deur te gebring het.
Die Helgaard Steyn toekennings sal onderhewig wees aan die bepaling van afwisseling
soos uiteengesit in klousule C.5 hierbo, jaarliks ten volle en onverdeeld aan 'n enkele persoon toegeken word.
Die beoordelaars in elke afdeling sal hulle besluite neem deur n meerderheid van
stemme, en maak hulle toekennings bekend sonder enige kommentaar. Hulle besluite
sal onaanvegbaar wees."
Vorige Toekennings