[Terug]

Toekennings - Wim Botha



Jaar gewen: 2013  
Kategorie: Beeldhoukuns  
Titel: Blastwave (2010)  











MEDIAVRYSTELLING:

 

 

 

WIM BOTHA BEKROON MET HELGAARD STEYN-PRYS VIR BEELDHOUKUNS 2013

 

Die grootste private prys vir die kunste in die land word vanjaar aan die beeldhouer Wim Botha toegeken. Die prysgeld beloop vanjaar R500 000.

 

Botha, wat in Kommetjie buite Kaapstad woon, is met die Helgaard Steyn-prys vir beeldhoukuns bekroon vir sy beeldhouinstallasie Blastwave (2010).

 

Hy het die beeldegroep, bestaande uit vier groot bome, in opdrag vir Nedbank se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg,  voltooi.  Die staalkonstruksies, beslaan met swart lakverniste merantihout, beeld die sikliese aard van ontwikkeling en verandering uit, onder meer met verwysing na Pierneef se akasiabome en die voormalige Britse premier Harold Macmillan se toespraak oor die “winde van verandering” in 1960.

 

Die beoordelaarspaneel, bestaande uit Angela de Jesus (UV), prof John R Botha (NWU) en Annali Cabano-Dempsey (UJ), was eenparig in hul besluit en het Botha geprys vir sy konseptuele insig, veral van belang vir post-kolonialisme in Suid-Afrika, en sy uitmuntende tegniese vernuf.

 

“Dit is moelik om jouself in te dink dat iets soos hierdie  toekenning bestaan. Dit is wonderlik, en ek is innig dankbaar. 'n Toekenning soos hierdie kan 'n deurslaggewende impak op 'n kunstenaar se lewe en werk hê. Ek hoop om dit ten beste toe te pas,” het Botha na die aankondiging gesê. Hy ontvang die Helgaard Steyn-prys op 26 November in Bloemfontein

 

Die kunstenaar, wat aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het, stal sedert 1995 sy werk gereeld plaaslik en internasionaal uit, hy was die ontvanger van verskeie toekennings en sy werk is in belangrike versamelings opgeneem.  Hy is bekend vir sy bevraagtekening van simboliek verwant aan religie, magstrukture en geskiedenis asook sy gebruik van diverse media soos mieliemeel, boeke en houtskool.

 

De Jesus, die sameroeper van die beoordelaarspaneel, het die ryke verskeidenheid en merkwaardige standaard van die genomineerde werke aangeprys.  Dit verklaar ook, het sy gesê, die aansien wat Suid-Afrikaanse beeldhouers geniet. 

 

Vorige ontvangers van Hel­gaard Steyn-toe­ken­nings vir Beeldhoukuns is David Brown (1989), Jackson Hlungwane (1993), Gert Swart (1997), Willem Boshoff, (2001), Jan van der Merwe (2005) en Andrieta Wentzel (2009).

 

 

DIE HELGAARD STEYN-TOEKENNING

 

Die Helgaard Steyn Trust het tot stand gekom uit die boe­del van wyle dr J H (Jan) Steyn (1902-1983), in lewe LV vir Pot­chef­stroom en direk­teur van maat­skap­pye in die Rembrandt Groep van dr Anton Rupert.  Die Trust is ver­noem na sy vader, ’n voor­ma­lige LPR van Bloem­fon­tein en jonger broer van die laaste re­pu­bli­keinse president van die Oranje-Vry­staat, M T Steyn. 

Die Trust het ten doel eerstens die bevordering van die Afrikaanse kultuur en tweedens die bewaring van Vrystaatse plaaseiendomme. Die helfte van die opbrengs uit die huurgeld van die Trust se plase word jaarliks aangewend vir die Helgaard Steyn Toekenning ter bevordering van kultuur. In vierjaarlikse afwisseling word dit aan die beste komponis, kunsskilder, Afrikaanse skrywer en beeldhouer toegeken.

Die Helgaard Steyn-pryse word toegeken aan enige Suid-Afri­kaans-gebore kuns­tenaar wat oor die af­ge­lope vier jaar ’n kuns­werk gelewer het wat, volgens die be­oor­de­laars, die mees ver­diens­te­like werk in die be­trok­ke dissipline is, wat pu­bliek toe­gank­lik bewaar word, byvoorbeeld in ’n open­bare kuns­ver­same­ling of per­ma­nent geïn­stal­leer is aan/in ’n open­bare ge­bou of ruimte in Suid-Afrika. Verlede jaar se wenner vir Afrikaanse skryfkuns was die skrywer P G du Plessis vir sy “Fees van die Ongenooides”.

 

Dr. Jan Steyn, wat albei sy ouers in sy skooljare verloor het, was aanvanklik op ‘n plaasskool voordat hy gematrikuleer en daarna aan die Grey-Universiteitskollege, die latere Vrystaatse Universiteit, gestudeer het. As kranige sportman het hy ook die graad B A met lof behaal. Daarna het hy aan die Universiteit van Heidelberg in Duitsland sy doktorsgraad in ekonomie en staatsleer cum laude behaal. In die destydse Weimar-republiek het hy die vernietigende effek van hiper-inflasie beleef, waarna hy onwrikbaar in grond geglo het as die enigste bate wat verskansing bied.

Dr Steyn het aanvanklik die drie broers Rupert – Anton, Jan en Koos – as die eerste drie mede-trustees van die trust se vier trustees benoem, met di