[Terug]

Toekennings - Willem Boshoff



Jaar gewen: 2001  
Kategorie: Beeldhoukuns  
Titel: Blind Alphabet A  











Willem Boshoff, bekende Suid-Afrikaanse en internasionaal bekroonde beeldhouer, is pas aangewys as die wenner van vanjaar se Helgaard Steyn-prys vir Beelhoukuns vir sy werk Blind Alphabet A. Die prys bedra R50 000 en sal op 21 November op Potchefstroom oorhandig word.

Die Helgaard Steyn-prys vir Beeldhoukuns word al om die vier jaar toegeken aan die beeldhouer wat die voorafgaande tydperk die beste werk gelewer het. Die Helgaard Steyn-prys vir Beeldhoukuns is een van vier kunstepryse wat sedert 1987 jaarliks om die beurt toegeken word deur die Helgaard Steyn Trust ingevolge ‘n bemaking deur die boedel van wyle dr JH (Jan) Steyn. Die ander drie pryse is vir Afrikaans Letterkunde, skilder- en grafiese kuns en komposisie.

Blind Alphabet A vorm deel van die Blind Alphabet ABC, ‘n projek wat Boshoff in 1995 begin het en lopend van aard is. Aangesien die projek dus nog onvoltooid is, het Blind Alphabet A vir die prys gekwalifiseer.
Blind Alphabet A is opgeneem in die permanente versameling van die Oliewenhuis-Kunsmuseum in Bloemfontein. Ander Komonente van hierdie projek is reeds in Amerika, die Verenigde Koninkryk, Portugal en Spanje uitgestal. Die hele Blind Alphabet C  is as ‘n permanente uitstalling opgeneem in die National Library for the Blind in Birmingham, Engeland. Boshoff het ‘n navorsingskenking van die Stigting vir Skeppende Kunste ontvang om sy werk aan die Blind Alphabet-projek voort te sit.

Die vorige wenners van die Helgaard Steyn-prys vir Beelhoukuns was: David Brown (1989- vir Voyage II, 1987), Jackson Hlungwani (1993- vir Tiger Fish II, Adam and the Birth of Eve, Large Crucifix, God and Christ, Michael Star en Altar of God) en Gert Swart (1997- vir Grace).
Dr Jan Steyn, gewese LV vir Potchefstroom en direkteur van maatskappye, het bepaal date die prys genome word na sy vader, Helgaard Steyn, voormalige Lid van die Provinsiale Raad vir Bloemfontein en jongste broer van die laaste Vrystaatse president, MT Steyn. Die trustees van die Trust is Mnre JA Rupert, Gerard Rupert, Anthonij Rupert en Absa Trust Beperk.

Indien veredere inligting oor die bekroonde beeldhouer verlang word, kan mnr Boshoff gekontak word by : Tel/faks (011) 614 7579; Sel : 083 449 1521, E-pos: penman@icon.co.za

Uitgereik deur: Hans Kotze, Stellenbosch
        Tel: (021) 888 3268