[Terug]

Toekennings - Gert Swart



Jaar gewen: 1997  
Kategorie: Beeldhoukuns  
Titel: Grace (1996)  








Die Helgaard Steyn Prys vir beeldhoukuns word vandag in Bloemfontein oorhandig aan die Pietermaritzburgse kunstenaar Gert Swart.

Die prys, wat R50000 werd is, is een van vier kunstepryse wat sedert 1987 om die beurt toegeken word deur die Helgaard Steyn Trust. Die drie ander pryse is vir grafiese en skilderkuns, Afrikaanse letterkunde en komposisie.
Swart is in 1952 gebore en het in 1976, nĂ¡ 'n loopbaan as gesondheidsinspekteur, be sluit om heeltyds kunstenaar te word. Hy het kuns aan die Natalse Technikon studeer en het sy eerste alleententoonstelling in 1983 gehou.

Swart het die prys gewen met die werk Grace (1996), wat tans in besit van die Tatham Kunsmuseum in Pietermaritzburg is.
Die vorige wenners is David Brown en Jackson Hlungwani .
kuns kompetisies

Die Burger 8 Oktober 1997