[Terug]

Toekennings - Robert Hodgins



Jaar gewen: 1995  
Kategorie: Skilderkuns  
Titel: South African Summer, all this is so and yet (1992)  








Die Johannesburgse kunstenaar Robert Hodgins is vanjaar die ontvanger van die Helgaard Steyn Prys vir Skilderkuns.  Die prys bedra R40 000 en is aan hom toegeken vir sy skildery South African summer, all this is so and yet …. (akriel op doek, 1992) in die versameling van die Sandton Kunsgalery.

Die Helgaard Steyn Prys vir Skilder- en Grafiese Kuns is een van vier kunstepryse wat sedert 1987 jaarliks om die beurt toegeken word deur die Helgaard Steyn Trust ingevolge ‘n bemaking deur die boedel van wyle dr JH (Jan) Steyn.  Die ander drie pryse is vir Afrikaanse letterkunde, beeldhoukuns en komposisie.  Die toekenning vir skilder- en grafiese kuns word vanjaar vir die derde maal gedoen.  In 1987 is die eerste toekenning aan die Kaapstadse kunstenares, Pippa Skotnes, gemaak vir haar portefeulje Lament, en in 1991 is die Johannesburgse kunstenares Nel Erasmus bekroon vir haar werk Jazz baby spent autumn.

Dr Jan Steyn (1902 – 1983), gewese LV vir Potchefstroom en direkteur van maatskappye, het bepaal dat die pryse genoem word na sy vader, Helgaard Steyn, voormalige LPR vir Bloemfontein en jongste broer van die laaste Vrystaatse president, MT Steyn.
Die Trustees van die Helgaard Steyn Trust is mnre JA Rupert, Jan Rupert, Anthonij Rupert en Absa Trust Beperk.
Volgens die testament moet die beoordelaarspanele vir elk van die vier pryse bestaan uit drie persone:  een dosent van elk van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en van Potchefstroom, aangewys deur die rektore van daardie universiteite; die aangewese twee persone moet die derde lid aanwys.
Die beoordelaarskomitee vir vanjaar se toekenning het bestaan uit proff Dirk van den Berg (UOVS), Elizabeth Rankin (Wits) en dr Albert Werth



Kontak:  Hans Knoetze, Stellenbosch
Tel: (021)   883 2331
28 November 1995