[Terug]

Toekennings - Jackson Hlungwani



Jaar gewen: 1993  
Kategorie: Beeldhoukuns  
Titel: Tiger Fish II, Adam and the Birth of Eve, Large Cruciffix, God and Christ, Michael Star en Altar of God  











Die tweede toekenning van die Helgaard Steyn Prys vir beeldhoukuns word op 19 November in Potchefstroom aan die Venda-beeldhouer, Jackson Hlungwani, gemaak.  Hlungwani sal die toekenning kry vir ‘n groep van ses groot werke uit hout gebeitel wat die kosmologie van die tradisionele  Tsonga saam met Christenskap uitbeeld.  Die titels van die werke is: Tiger Fish II, Adam and the Birth of Eve, Large Crucifix, God and Christ, Michael Star en Altar of God.  Dit is in die versameling van die Johannesburgse Kunsmuseum opgeneem.

Die Helgaard Steyn Prys van R40 000 vir beeldhoukuns – tans die grootste kunsprys in die land – is een van vier kunstepryse wat sedert 1987 jaarliks om die beurt toegeken word deur die Helgaard Steyn Trust volgens ‘n bemaking uit die boedel van wyle dr JH (Jan) Steyn.  Die ander drie pryse is vir skilder- en grafiese kuns, musiekkomposisie en Afrikaanse skryfkuns.  Die eerste toekenning vir beeldhoukuns is in 1989 aan David Brown gemaak.

Dr Jan Steyn, in lewe LV vir Potchefstroom en direkteur van maatskappye, het bepaal dat die prys genoem word na sy vader, Helgaard Steyn, jongste broer van president MT Steyn.  Die trustees van die Trust is dr AE Rupert, mnr JA Rupert, mnr Anthonij Rupert en Absa Trust Beperk.

Die keurders vir hierdie toekennings was prof Dirk van den Berg (namens UOVS), prof Muller Ballot (namens PU vir CHO) en prof Elizabeth Rankin (Wits).



Kontakpersoon : Dries Smit, Rembrandt Groep, Stellenbosch
Tel: (021) 883 2333