[Terug]

Toekennings - Nel Erasmus



Jaar gewen: 1991  
Kategorie: Skilderkuns  
Titel: Jazz Baby Spent Autumn  











DIE Helgaard Steyn-toekenning vir Skilderkuns word vandag in Bloemfontein aan die bekende Johannesburgse kunstenares Nel Erasmus oorhandig. Die prys bedra R30 000 en is aan haar toegeken vir haar olieverf-skildery ``Jazz baby spent autumn'' (1991) in die versameling van die Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein.

Die toekenning vir skilder- en grafiese kuns word vanjaar vir die tweede keer gedoen. In 1987 is die eerste Helgaard Steyn-toekenning aan die bekende Kaapstadse kunstenares Pippa Skotnes toegeken.
 
Die Burger 8 November 1991