[Terug]

Toekennings - Dr Roelof Temmingh



Jaar gewen: 1990  
Kategorie: Komponis  
Titel: Drie Sonette  











Die eerste Helgaard Steyn-prys vir Komposisie word op 28 Augustus in Potchefstroom aan die Stellenbosse komponis Roelof Temmingh toegeken.

Temmingh ontvang die prys vir Drie Sonnette, wat deur die beoordelaars aangewys is as die beste werk wat in die afgelope vier jaar in Suid-Afrika gekomponeer is. Die Helgaard Steyn-prys van R22 000 vir komposisie is een van vier kunstepryse wat sedert 1987 jaarliks beurtelings toegeken word volgens 'n bemaking uit die boedel vir dr. Jan Steyn van Potchefstroom.

Die eerste drie pryse, naamlik vir skilder- en grafiese kuns, Afrikaanse letterkunde, en vir beeldhoukuns, is toegeken aan die kunstenares Pippa Skotnes, die skrywer Karel Schoeman, en die beeldhouer David Brown. Die beoordelaarspaneel vanjaar was proff. Johann Potgieter, Henk Temmingh en Walter Mony, onderskeidelik hoofde van die musiekdepartemente aan die universiteite van die Oranje-Vrystaat, Potchefstroom en Witwatersrand

Die Burger 24 Augustus  1990